Laerskool Jan van Riebeeck Laat Aansoeke

Aansoeke vir hierdie jaar is verlede jaar reeds deur die Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD) se aanlyn aansoekstelsel gefinaliseer. Indien jou familie gedurende die jaar na die stadskom trek en julle plek benodig, sal hierdie laataansoek op ‘n ad-hoc basis oorweeg word, afhangend van beskikbare plek.

Voltooi gerus ‘n laataansoekvorm om vir hierdie jaar aansoek te doen.

  1. Registreer as Laat Aansoeker indien u nog nie geregistreer het nie en/of Teken in.
  2. Huidige JvR ouers moet ook as Aansoekers registreer.
  3. Gebruik ‘n veilige wagwoord. Ten minste: 8 karakters, 1 hoofletter, 1 kleinletter, 1 syfer, 1 spesiale karakter bv. !#()
  1. Maak asseblief seker u webbladleser (web browser) is op datum.
  2. Kies die jaar en graad waarvoor u aansoek doen (2025).
  3. Voltooi die aansoekvorm aanlyn.
  4. Wanneer u die vorm elektronies indien, word ‘n voltooide PDF aansoek outomaties gegenereer.
  5. DRUK die voltooide PDF aansoek, voorblad en beleide dokument.
  6. Onderteken die aansoekvorm, asook die beleide en verklarings nadat u dit gedruk het.
  7. Heg die verlangde dokumentasie aan.
  8. Handig die volledige aansoekpakkie tussen 08:00 en 14:00 by Laerskool Jan van Riebeeck in, of by Huppelland indien u vir Huppelland aansoek doen.

Neem asseblief kennis dat u kind se inskrywing slegs bevestig sal word na ontvangs van die volgende:

  • ‘n Gewaarmerkte afskrif van u kind se ID-dokument of geboortesertifikaat.
  • ‘n ID-grootte foto van u kind.
  • ‘n Gewaarmerkte afskrif van beide ouers se ID-dokument.
  • Bewys van woonadres.
  • Kliniek-/immuniseringskaart.
  • U kind se nuutste vorderingsverslag (ingeval van Graad 1 – voorskoolse / Graad R-skool); (Slegs vir LS JvR Aansoeke).
  • Volledig voltooide inskrywingsvorm – Adminvorm.
  • Getekende beleide dokument.
  • Oorplasingsvorm (nie vir Graad 1 behalwe as die kind ‘n geregistreerde Graad R-skool bygewoon het) (Slegs vir LS JvR Aansoeke).

Vergewis u van die inhoud van onderstaande beleide en verklarings alvorens u die aansoek inhandig:

  1. Verwelkomingsbrief LS JvR 
  2. Toelatingsbeleid
  3.  Betaling van Skoolfonds Bepalings en Voorwaardes
  4.  Grondbeginsels, Missie en Visie
  5.  Fotobeleid
  6.  Boeliebeleid
  7.  Vrywaring ten opsigte van Vervoer

‘n Volledige lys van Laerskool Jan van Riebeeck se beleide is beskikbaar op die webtuiste.

Registreer asseblief as ‘n Laataansoeker om u aansoek(e) te voltooi.

Indien u reeds as ‘n Laataansoeker geregistreer is, teken hier aan om u aansoek(e) te voltooi.