Huppelland Aanlyn Aansoek

Volg die stappe hier onder om ‘n aansoek om toelating vir Huppelland in te dien:

  1. Registreer as Huppelland Aansoeker indien u nog nie hier geregistreer het nie en/of Teken in.
  2. Huidige JvR ouers moet ook as Huppelland Aansoekers registreer.
  3. Gebruik ‘n veilige wagwoord. Ten minste: 8 karakters, 1 hoofletter, 1 kleinletter, 1 syfer, 1 spesiale karakter bv. !#()

Vergewis u van die inhoud van onderstaande beleide en verklarings alvorens u die aansoek inhandig:

  1. Verwelkomingsbrief Huppelland
  2.  Huppelland Riglyne en Beleide


‘n Volledige lys van Laerskool Jan van Riebeeck se beleide is beskikbaar op die webtuiste.

  1. Maak asseblief seker u webbladleser (web browser) is op datum.
  2. Kies die jaar en graad waarvoor u aansoek doen.
  3. Voltooi die aansoekvorm aanlyn.
  4. Wanneer u die vorm elektronies indien, word ‘n voltooide PDF aansoek outomaties gegenereer.
  5. DRUK die voltooide PDF aansoek, voorblad en beleide.
  6. Onderteken die aansoekvorm, asook die beleide en verklarings nadat u dit gedruk het.
  7. Heg die verlangde dokumentasie aan.
  8. Handig die volledige aansoekpakkie by Huppelland tussen 08:00 en 14:00 in.

Neem asseblief kennis dat u kind se inskrywing slegs bevestig sal word na ontvangs van die volgende:

  • ‘n Gewaarmerkte afskrif van u kind se ID-dokument of geboortesertifikaat.
  • ‘n ID-grootte foto van u kind.
  • ‘n Gewaarmerkte afskrif van beide ouers se ID-dokument.
  • Bewys van woonadres.
  • Kliniek-/immuniseringskaart.
  • Volledig voltooide inskrywingsvorm – Aansoek om Toelating Huppelland.
  • Verklaring dat u die Toelatingsbeleid onderskryf.
  • Onderneming vir die betaling van skoolgeld.
  • Verklaring dat u die skool se Visie en Missie verstaan en onderskryf.

Registreer asseblief as ‘n Huppelland aansoeker om u aansoek(e) te voltooi.

Indien u reeds as ‘n Huppelland aansoeker geregistreer is, teken hier aan om u aansoek(e) te voltooi.