Huppelland Aanlyn Aansoek
Volg die stappe hier onder om ‘n aansoek om toelating vir Huppelland in te dien:
- Registreer as Huppelland Aansoeker indien u nog nie hier geregistreer het nie en/of Teken in.
- Huidige JvR ouers moet ook as Huppelland Aansoekers registreer.
- Gebruik ‘n veilige wagwoord. Ten minste: 8 karakters, 1 hoofletter, 1 kleinletter, 1 syfer, 1 spesiale karakter bv. !#()
Vergewis u van die inhoud van onderstaande beleide en verklarings alvorens u die aansoek inhandig:
- Verwelkomingsbrief Huppelland
- Huppelland Riglyne vir Toelating
- Betaling van Skoolfonds Bepalings en Voorwaardes
- Grondbeginsels, Missie en Visie
- Maak asseblief seker u webbladleser (web browser) is op datum.
- Kies die jaar en graad waarvoor u aansoek doen.
- Voltooi die aansoekvorm aanlyn.
- Wanneer u die vorm elektronies indien, word ‘n voltooide PDF aansoek outomaties gegenereer.
- DRUK die voltooide PDF aansoek, voorblad en beleide.
- Onderteken die aansoekvorm, asook die beleide en verklarings nadat u dit gedruk het.
- Heg die verlangde dokumentasie aan.
- Handig die volledige aansoekpakkie by Huppelland tussen 08:00 en 14:00 in.
Neem asseblief kennis dat u kind se inskrywing slegs bevestig sal word na ontvangs van die volgende:
- ‘n Gewaarmerkte afskrif van u kind se ID-dokument of geboortesertifikaat.
- ‘n ID-grootte foto van u kind.
- ‘n Gewaarmerkte afskrif van beide ouers se ID-dokument.
- Bewys van woonadres.
- Kliniek-/immuniseringskaart.
- Volledig voltooide inskrywingsvorm – Aansoek om Toelating Huppelland.
- Verklaring dat u die Toelatingsbeleid onderskryf.
- Onderneming vir die betaling van skoolgeld.
- Verklaring dat u die skool se Visie en Missie verstaan en onderskryf.
Registreer asseblief as ‘n Huppelland aansoeker om u aansoek(e) te voltooi.
Indien u reeds as ‘n Huppelland aansoeker geregistreer is, teken hier aan om u aansoek(e) te voltooi.