Aansoeke

Aansoeke vir graad R – 7 vir 2027 word deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) behartig.

Lees asseblief die inligting en volg dan die stappe soos aangedui om jou aansoek in te dien:

  • Aansoeke moet aanlyn by die WKOD Aanlyn Aansoekstelsel ingedien word.
  • WKOD aansoeke vir graad R en graad 1 open op Dinsdag, 10 Maart 2026 en sluit op Dinsdag, 14 April 2026.
  • Aansoeke vir oorplasings vanaf ander skole in die Wes-Kaap open later in die jaar en die datum moet nog deur die WKOD bevestig word.
  • Ouers moet asseblief ook die skool se Beleide dokument voltooi.
  • Hoewel dokumentasie by die WKOD se stelsel opgelaai kan word, moet ‘n kopie van die WKOD aansoek, tesame met die skool se Beleide dokument en dokumentasie, aangedui in Stap 4, steeds by die skool in harde kopieë ingedien word.
  • Alle dokumentasie vir graad R en graad 1 aansoeke moet teen Vrydag, 25 April 2026 by die skool ingedien word.
  • Om interne administrasie te vergemaklik, word voornemende ouers vriendelik versoek om ook Laerskool Jan van Riebeeck se Adminvorm te voltooi.
  • Kontak gerus die skool indien jy hulp benodig om die WKOD se aanlyn aansoekvorm te voltooi, of om die voltooide vorm te druk.


Volg nou die proses hier onder:

Vergewis u van die inhoud van onderstaande beleide en verklarings alvorens u die WKOD aansoek indien:

Verwelkomingsbrief LS JvR 

 Beleide dokument

‘n Volledige lys van Laerskool Jan van Riebeeck se beleide is beskikbaar op die webtuiste.

  1. Volg die instruksies van die WKOD se Aanlyn Aansoekstelsel en dien die aanlyn aansoek op hul stelsel in.
  2. Druk ‘n papierkopie van die aanlyn aansoek nadat jy dit ingedien het.
  1. Registreer hier onder indien u nog nie geregistreer het nie en/of Teken in.
  2. Huidige JvR ouers moet ook registreer om die adminvorm te voltooi.
  3. Gebruik ‘n veilige wagwoord. Ten minste: 8 karakters, 1 hoofletter, 1 kleinletter, 1 syfer, 1 spesiale karakter bv. !#()
  4. Voltooi die adminvorm en dien elektronies in.

Harde kopieë van die volgende dokumentasie moet teen Vrydag, 25 April 2026 by die skool ingedien word:

  1. WKOD-aansoek dokument.
  2. ‘n Gewaarmerkte afskrif van u kind se ID-dokument of geboortesertifikaat.
  3. ‘n ID-grootte foto van u kind.
  4. ‘n Gewaarmerkte afskrif van beide ouers se ID-dokument.
  5. Bewys van woonadres.
  6. Kliniek-/immuniseringskaart.
  7. U kind se nuutste vorderingsverslag (indien aansoek doen vir graad 1, die voorskoolse / Graad R-skool verslag).
  8. Volledig voltooide adminvorm.
  9. Ondertekende beleide dokument wat die volgende insluit:
    • Onderneming vir die betaling van skoolgeld.
    • Verklaring dat u die skool se Visie en Missie verstaan en onderskryf.
    • Verklaring dat u die skool se Fotobeleid onderskryf .
    • Verklaring dat u die Boeliebeleid onderskryf.
    • Verklaring dat u die Vervoerbeleid onderskryf.
  10. Oorplasingsvorm (nie vir Graad 1 behalwe as die kind ‘n geregistreerde Graad R-skool bygewoon het.

Registreer hier as gebruiker van die stelsel om die skool se adminvorm te voltooi.

Indien u reeds in die stelsel geregistreer is, teken hier aan om u die adminvorm te voltooi.